Plesier om begraafplaas skoon te maak!

Die span werkers wat die begraafplaas skoonmaak. Foto: Garnett Wicomb

HULLE is oor twee dinge baie bly, sê die span EPWP-werkers van die Oudtshoorn Munisipaliteit wat onlangs vir drie maande aangestel is om die Oudtshoorn Begraafplaas skoon te maak.

EPWP is die afkorting vir die Expan-ded Public Works Programme van die regering.

“Ons is eerstens dankbaar vir die drie maande se inkomste om iets op die tafel te kan sit en tweedens verskaf dit vir ons groot plesier om ons onooglike begraafplaas skoon te maak,” sê Berenice Witbooi, een van die werkers.

Volgens Witbooi is hulle tot einde Junie deur die munisipaliteit aangestel en hoop hulle dat die kontrak verleng kan word.

“Ons geniet wat ons doen, want om die begraafplaas skoon te maak is iets waarvoor die gemeenskap lankal vra.” (Deur Garnett Wicomb)

1 Comment on "Plesier om begraafplaas skoon te maak!"

  1. Ek voel.dis n valse verklaring van die Hoorn oor die skoonmaak van die begrafplase. Emile Cepido en sy 12 werkers het elke dag vir maande die plek skoon gemaak. Oor die duisend grafte is deur die vrywilligers skoon gemaak. Nou word hierdie mense vereer. Jammer dis verkeerd

Comments are closed.