Motorfietsryers van die Klein Karoo en die Tuinroete word genooi om Saterdag 21 Junie op te saal en Barrydale toe te ry ten bate van minderbevoorregtes.
Elke motorfietsryer word gevra om ’n kombers, kouse of skoolskoene (groottes van 1 tot 10) saam te neem wat aan skoolkinders geskenk sal word.
Motorfietsryers word om 12:00 by Diesel & Créme met sop en brood (eerste 50 motorfietse) verwelkom waar die skenkings ingesamel sal word.
Die oogmerk is om ten minste 300 skenkings van komberse, skoolskoene en kouse in te samel. Die organiseerders het reeds houers in die dorp geplaas waar inwoners ook skenkings kan plaas.
Die inisiatief word deur twee geregistreerde liefdadigheidsorga-nisasies, Bright Haven en Barrydale Fight Club, gereël.
Die skenkings word bewillig aan leerders van BF Oosthuizen Primêre skool. Volgens die organiseerder, Louise Pharo, is daar ’n groot behoefte onder leerders vir skoene, kouse en komberse tydens die yskoue wintermaande.
Motorfietsrit vir liefdadigheid
Motorfietse by Diesel&Créme in Barrydale. Foto verskaf