INSETTE en die bespreking van ven- nootskappe en programme om misdaad op Oudtshoorn te voorkom, sal bespreek word by ’n misdaadvoor-komingsvergadering op Woensdag, 21 September, waarheen brig Susan Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn, geestelike leiers nooi.
Die vergadering begin om 18:00 en vind by die Oudtshoorn Polisie-kantoor plaas.
Crafford het geestelike leiers van die dorp ingelig dat die Polisie graag insette van kerkleiers kry om misdaad te bekamp en is die konsep van geestelike misdaadvoorkoming tans deel van die Polisie se visie daarvoor.
Sy sê daar is tydens ’n nasionale geestelike misdaadvoorkomingsberaad in Februarie wyd met belang-hebbendes gekonsulteer.
Dit maak deel uit van ’n inisiatief om geloofgebaseerde organisasies en ander relevante strukture te betrek by die bekamping van misdaad om ’n veilige omgewing vir almal in Suid-Afrika te verseker, asook platforms te skep om morele verval in gemeenskappe aan te spreek en morele en godsdienstige opvoeding uit te brei.
Misdaad: geestelike se hulp gevra
