Julle word waardeer

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het Donderdag 14 Oktober klein geskenkies van dankbaarheid aan gesondheidspersoneel by die Oudtshoorn Hospitaal oorhandig vir hul toewyding en harde werk in Covid-tyd. Hier is verteenwoordigers van die Munisipaliteit en die hospitaal tydens die “Hug in a Mug’-oorhandiging. Volgens die onderburgemeester Gavin Juthe is die gesondheidswerkers nie net broodnodig om die gemeenskap gesond te hou nie, maar is hulle bakens van hoop in hierdie moeilike tye; “ons eerste verdedigingslinie”. Lluwellyn Coetzee, waarnemende direkteur van strategiese dienste, het gesê dat dit noodsaaklik is vir inwoners om ingeënt te word, nie net om mekaar te beskerm nie, maar die gesondheidspersoneel ook. Foto: Stefan Skapie Goosen