Foto van die week – 27 Maart 2026
Nie baie reën nie… maar genoeg om hoop te bring. Oudtshoorn het 19 Maart net ’n ligte bui gekry, maar selfs dit bring ’n bietjie verligting na die droë dae. En toe kom dié pragtige reënboog – ’n klein herinnering dat elke druppel tel. Ons vat wat ons kan kry… en hoop vir nog.
Foto: Angelique Erasmus