Foto van die Week

Die Hoorn se personeel het besluit om die laaste uitgawe met feestelikheid in die kantoor af te sluit. Ons wens vir elke leser ’n Geseënde Kersfees en Gelukkige Nuwejaar toe, en sien baie uit daarna om weer in 2023 vir die gemeenskap op hoogte te bring van alle nuus en gebeurtenisse in ons pragtige Klein Karoo. Die eerste uitgawe vir 2023 sal op 19 Januarie op die rakke verskyn. Foto: Marita Meyer