Foto van die Week
Namakwalandse
veldblomme sorg vir kleureprag!
Die tuin van die afgetrede skoolhoof, Solly Dyssel, op die hoek van Rossouwstraat en Vyfdelaan in Colridge View, Oudtshoorn, is tans vir elke verbyganger ’n lus vir die oog. Dyssel, ’n ywerige tuinier, veral bekend vir die pragtige dahlias wat hy kweek, se tuin is vol Namakwalandse veldblomme en twee reuse aalwynbome waarop hy baie trots is. Foto: Garnett Wicomb