Foto van die Week
19:00 in die Klein Karoo
Dit is somer in die Klein Karoo en vroegaand verdwyn die ergste hitte en word die lig goud oor die Klein Karoo-veld - die ideale tyd vir ’n vroegaand-wandeling in die veld of dorp. Hoe bevoorreg is inwoners van die streek nie! Stedelinge kan maar net hieroor droom... Foto: Liesel le Roux