Foto van die Week: 16 Maart 2023
Die Hoorn is onlangs bederf met ’n stewige klomp pampoene vanaf een van ons plaaslike boere. Mens kan dan nie anders as om daadwerklik “Pampoene op die dak” te sit nie, soos die Anton Goosen liedjie se woorde lui. Ry gerus verby en kom loer na ons mooi pampoene, dalk pak ons volgende keer ’n paar lemoene ook daarby.
Foto: Angelique Erasmus