Pasella-gebou eens die Salvation Army

Josephine Hartwell (86), gebore en getoë op Oudtshoorn, het dié twee ou foto’s met heimwee en hartseer vir Die Hoorn gebring. Volgens Hartwell was die gebou wat tot en met ’n onlangse brand op 14 Maart die Pasella-winkel gehuisves het, eers die tuiste van ’n kerk en die Salvation Army. Pasella is in die 14 Maart-brand in puin gelê. Die predikant wat in die 1930’s by die bediening van die kerk en Salvation Army betrokke was, Gladys Margaret Mobbs, was met Hartwell se oom, Johannes Jacobus Swart, getroud. Sy onthou hoe sy in die kerk gesit het. Die een foto is ’n familiefoto en die ander is van die egpaar. Hartwell sê sy was baie geskok toe sy hoor dat die gebou afgebrand het, en wou graag hierdie herinneringe met inwoners deel. Foto: Stefan Skapie Goosen