Oud-leerders van eertydse Meisieskool byeen

Die groep oud-leerders en personeel van die eertydse Hoër Meisieskool op Oudtshoorn.

’N GROEP oud-leerders en personeel van die eertydse Hoër Meisieskool op Oudtshoorn het verlede Vrydag (26 Maart) by Berluda in Schoemanshoek saamgekuier – ’n jaarlikse instelling vir die “Old Girls” om ’n oggend saam te gesels en herinneringe van hul geliefde ou skool te deel.

Die skool het in Desember 1962 gesluit en die volgende jaar met die Hoër Seunskool saamge-smelt om die Hoërskool Oudtshoorn te vorm.

Die oudste van die vroue is 87 jaar jonk en die jongste een 74. Vra jy hulle, stem almal saam dat hulle ’n uitstekende opvoeding by die Meisie-skool ontvang het waar respek, netheid, lojaliteit, hardwerkendheid en goeie maniere vanselfsprekend was. Deelname aan sport, musiek en drama is aangemoedig en bevorder.

’n Uitstalling van dié voormalige skool kan besigtig word in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum op Oudtshoorn – iets waarop dié oud-leerders baie trots is.

Be the first to comment on "Oud-leerders van eertydse Meisieskool byeen"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*