NG Kerk De Rust vier 125ste bestaansjaar

Foto: Willie Immelman

Saterdag 30 November is groot makietiedag op De Rust wanneer die NG Kerk hulle 125ste bestaansjaar vier.

Die dag begin vroeg-vroeg met ’n Kersmark en verskillende aktiwiteite word regdeur die dag aangebied. Daar is stalletjies, boeresport, perderitte, ’n spitbraai, kunsuitstalling en ’n argiefuitstalling.

Die dag word afgesluit met ’n optrede deur Coenie de Villiers. Vir enige navrae skakel Willie Immelman by 082 952 2001.