Die jaarlikse Burgemeesters Sporttoekennings het gisteraand, 28 November, in die banketsaal plaasgevind waar Oudtshoorn se sportsterre, afrigters en bestuurders vir hul uitnemendheid vereer is.
“Sport speel ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie. Deelnemers kom neem deel aan ’n toernooi, hulle bly in gastehuise en eet in restaurante. Terwyl die kinders deelneem, gaan die ouers na toeriste-attraksies in en om Oudtshoorn”, het Johan Allers, Oudtshoorn se burgemeester, met sy toespraak gesê.
Die gasspreker van die aand was Deon Davids, hulpafrigter van die Springbokke. Hy het ’n uiters inspererende boodskap aan die jong sportsterre gegee.
Die wenners van die onderskeie kategorieë was:
Laerskole:
Span: Laerskool Wesbank se troutrekspan.
Afrigter: Ronald Presher.
Sportvrou: Chloe May.
Sportman: Fourie Delport.
Hoërskole:
Span: Langenhoven Gimnasium o.16 netbalspan.
Afrigter: Meghan Presher
Sportvrou: Payton Gerber.
Sportman: Dwayne Kammies.
Junior Sportvrou: Nadia van Jaarsveld.
Junior Sportman: Dirk Harold Mostert.
Persoon met gestremdheid: Brendolene Loff.
Senior Sporttoekennings:
Span: Oudtshoorn Veerpyltjieklub.
Bestuurder: Sonja Schultz.
Afrigter: Ranger Grebe.
Sportvrou: Annerie Dercksen.
Sportman: Wian Grebe.
Burgemeesterstoekenning: Van Reede Trompoppies.
Bo: Ranger Grebe het die Senior Afrigters-toekenning gewen.
Bo: Die Oudtshoorn Veerpyltjie Klub het die Senior Sportspan van die jaar gewen.
Die genomineerdes vir die Burgemeesterstoekenning. Van Reede se trompoppiespan het die toekenning gewen.
Brendolene Loff, leerder van Eljada-Kairos skool vir Gestremdes, saam met raadslid Joey Canary.
Junior Sportman, Dirk Harold Mostert, saam met Deon Davids.
Junior Sportvrou, Nadia van Jaarsveld, saam met Deon Davids.
Dwayne Kammies het die Hoërskool Sportman-toekenning ontvang.
Payton Gerber, wenner van die Hoërskool Sportvrou van die jaar-toekenning.
Chloe May, Laerskool Sportvrou van die jaar, saam met Colyn Sylvester en Helena Lourens.