Lig en vreugde deur Joodse Nuwejaar gebring

Bo: Die Joodse Sinagoge op Oudts­hoorn is steeds ’n bekende gesig in Baron van Ree­de-straat, en word tot vandag toe nog gebruik. Onder: Die CP Nel Museum huisves vandag nog ’n replika van die binnekant van die St Johnstraat-sinagoge wat nie meer bestaan nie. Fotos: Stefan Skapie Goosen

DIE Joodse Nuwejaar, oftewel Rosh Hashanah, word vanjaar van Maandag tot Woensdag, 6 tot 8 September, gevier, Met die diep spore wat die Joodse gemeenskap op Oudtshoorn getrap het, bied Die Hoorn vandeesweek ’n terugblik op hul geskiedenis op die dorp.

Oudtshoorn staan reeds sedert die 19de eeu ook bekend as Klein Jerusalem, met sowat 600 Joodse gesinne wat in ’n stadium op die dorp gewoon het. Hoewel daar vandag net ’n paar Joodse families op die dorp woon, speel dié gemeenskap steeds ’n baie belangrike rol op Oudtshoorn, onder meer in die sakesektor.

Tussen 500 en 600 Joodse gesinne het hulle tydens die bloeitydperk van die volstruisbedryf op Oudtshoorn gevestig. Die eerste groep families het in die middel van die 19de eeu hier aangekom.

Daar was volgens Jon Seligman, direkteur van die uitgrawings-, opnames- en navorsingsafdeling by die Israeliese Oudhede-beheerliggaam, twee groepe Joodse immigrante wat tussen die middel van die 19de eeu en die eerste dekade van die 20ste eeu na Oudtshoorn gekom het.

Die eerste groep was deel van die Britse immigrasieskema van 1858 tot 1861, waartydens groot groepe mense van Duitse oorsprong hulle in die Kaap gevestig het, saam met handelaars van die Britse Eilande.

Die tweede groep, skryf Seligman op sy web­blad seligman.org.il, het bestaan ​​uit Jode uit Letland en Litaue wat ontsnap het van die mobili- sering van baie jong Jode na die Russiese leër tussen 1881 en 1910, en die antisemitisme wat hul vermoë om produktiewe lewens te lei, beperk het.

Die meeste het na Brittanje gevlug, waarvandaan hulle weer na die VSA of na Britse kolonies, soos Suid-Afrika, verhuis het.

“Sommige van hulle het, toe hulle Kaapstad bereik het, gehoor van die rykdom wat hulle op Oudtshoorn kon verwerf, en het hierheen verhuis om ondernemings wat met volstruisvere gehandel het, te begin,” skryf Seligman.

Die Joodse gemeenskap van Oudtshoorn het oor die jare heen so groot geword, volgens Seligman, dat daar hotelle, restaurante en winkels was wat aan spesifieke Joodse gebruike en tradisies begin voldoen het.

Gedurende byvoorbeeld die Sabbat, religieuse vakansiedae en die Pasga (Shabbat, the High Holidays and Passover) het die dorp die Joodse gebruike nagekom deur handel vir hierdie tydperk te staak.

Die Joodse gemeenskap het onder meer twee sinagoges gebou, ’n begraafplaas uitgelê en talle besighede op Oudts­hoorn gevestig. Die CP Nel Museum huisves vandag nog ’n replika van die binnekant van die St Johnstraat-sinagoge wat nie meer bestaan nie.

• The two most important Jewish religious holi-days are Rosh Hashanah and Yom Kippur.

These High Holy days are celebrated and observed in all Jewish Synagogues all over the world.

Prayers in the synagogue on Rosh Hashanah deal primarily with the life and happiness of individuals and with the peace of mankind.

In contrast to all other festivals, Rosh Hashanah and Yom Kippur have neither a historical nor an agricultural background.

The customs and ceremonies are to promote thoughts about God and about relations with your fellow man.

The prayer book used for these festivals is called “Machzor”.

Candles are lit so that the New Year begins with light and joy and greeting cards are sent with the traditional Rosh Hashanah greeting: “Le Shanah Tovah Tikatevu”, which translates to “May you be inscribed for a good year”.

One of the most impressive portions of the Rosh Hashanah services is the blowing of the ram’s horn – the Shofar.

The Shofar is a natural wind instrument and one of the oldest instruments known.