Die Afrikanerbond het op Woensdag, 28 Mei, ’n byeenkoms ter herdenking van Afrikaans by Arbeidsgenot aangebied.
Ongeveer 20 gaste het die oggend bygewoon waartydens Peet Vermaak ʼn interessante praatjie oor Langenhoven ge-lewer het en die groep deur Arbeidsgenot begelei het.
Die Afrikanerbond het aangebied om ʼn boom in die tuin te plant en na gesprekke met mense wat jarelank ʼn verbintenis met Arbeidsgenot het, is daar voorgestel dat hulle ʼn lemoenboom plant.
Die rede is dat daar vroeër jare verskeie vrugtebome in die agterplaas van Arbeidsgenot was wat oor die jare vergaan het. Die Arbeids-genotkomitee wil graag met die verloop van tyd weer vrugtebome wat in Oudts-hoorn aard, by Arbeidsgenot aanplant.
Die volgende funksie wat deur die komitee by Arbeidsgenot beplan word is die herdenking van Langenhoven se geboorte in Augustus. Besoek gerus Arbeidsgenot se Facebookblad om op hoogte te bly met programme wat daar aangebied word. (HANNES VISSER)
Lemoenboom vir Neelsie en Vroutjie se tuin
Lede van die Afrikanerbond en gaste. Foto: Hannes Visser