Na die brand by die JBS-gebou (Johannesburg Building Society) in Kerkstraat voorverlede week, het Blackie Badenhorst van die Le Roux Dorpshuis op hierdie foto afgekom.
Dit is op 1 Julie 1966 geneem toe die gebou amptelik deur die burgemeester, NA Smit geopen is.
Die foto dui nie aan wie die persoon by die burgemeester is nie. Dalk is daar ʼn leser wat weet en dit met ons kan deel.
Amptelike opening van JBS–gebou
Foto verskaf