Raynette Schoeman, bekende in skoonheidsirkels vir twee dekades, en eienaar van Scent of a Woman velsorg- en laser kliniek het ’n splinternuwe opwindende toevoeging by haar kliniek.
Sy is die eerste kliniek in die Tuinroete en die agtste in Suid-Afrika wat beskik oor die “Clinical Imaging System”.
Hierdie toerusting neem ’n foto van jou vel tot op sowat 2 mm diep, met gebruik van spesiale sagteware en filters. Dit wys dan pigmentasies (hormonaal of sonskade), aartjies en selfs plooie uit op probleemareas wat nie met die blote oog gesien kan word nie.
Daar word tydens die sessie 10 foto’s van jou gesig geneem, vanuit verskillende hoeke.
Dit kan ook gebruik word vir verskillende areas van die lyf sou ’n kliënt pertinent dalk hul nek of bors-area wou behandel.
Wanneer Raynette dan behandelinge toepas weet sy presies watter areas om op te fokus asook die tipe behandeling wat die beste sal werk vir haar kliënt.
“Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie nuwe tegnologie aan ons kliënte asook die Klein Karoo bekend te stel,” vertel sy.
Dit help nie net om die egte diagnose te maak nie, maar kan ook voorkomend werk om enige moontlike probleme wat kan opduik vroeg genoeg te identifiseer.
“Ek kan ook nie wag dat my kliënte kan sien oor tyd hoe hulle velle verander en verbeter nie,”
Kliënte kan ’n vel-analise by haar bespreek en dan ’n plan van aksie bespreek met behandeling en produkte spesifiek vir jou behoeftes.
Benewens dit, bied sy ook ’n wye reeks skoonheidsbehandelings aan soos laser met die Alma Harmony XL Pro-sisteem vanuit Israel, masserings, naels, haarverwydering, grimeerkuns en verkoop van verskeie skoonheidsprodukte.
Kontak haar gerus by 072 148 7556, of besoek die kliniek by De Hooge Huys, in Hoogstraat 157, Oudtshoorn. Jy kan ook aanlyn op die Fresha webtuiste al die behandelinge besigtig asook afsprake maak.
’n Eerste vir die Tuinroete
Bo: Een van die spesiale filters wys pigmentasie as gevolg van sonskade en hormonale vlekke uit. Sommige kan met die blote oog gesien word, ander nie. Raynette gebruik die foto om behandelinge spesifiek vir die probleem te bepaal.
Foto: Scent of a Woman