Kos vir Oudtshoorn se diere gevra

“DIE bottom line is, ons soek net kos vir Oudts­hoorn se skut se diere.”
So sê die Oudtshoorniet en besorgde diereliefhebber Lydia Bothma na aanleiding van haar onlangse ervaringe by die Oudtshoorn Diere­skut.

Lydia het onlangs as vrywilliger, sonder eni­ge verbintenis aan enige diere- of nie-winsge­wen­de organisasie, by die skut begin uithelp.

Sy vertel dat sy so drie weke ge­lede op ’n dag daar aan­gekom en self ge­sien het dat die diere byna geen kos ge­had het nie.

“Dit is toe dat ek besluit het dat ek kos wil insamel en vir Oudts­hoorn se men­se en besighede wil vra om plaaslik betrokke te raak – nie deur finansiële donasies nie, maar bloot net met donasies van kos,” vertel sy pas­sie­vol.

Tot dusver het ’n paar besighede by Lydia se insameling betrokke geraak.
“Die personeel van die besighede het self besluit wat om in te samel, en dan maak ek seker dat dit by Oudtshoorn se diere uitkom,” sê sy.

Enige persoon of besigheid wat betrokke wil raak, kan Lydia skakel by 083 437 3668. (Deur Stefan Skapie Goosen)