Garnett Wicomb se vrolike foto van die huweliksbevestiging van Joseph Makiedan (67) en sy vrou Katriena (75) van die Kliplokasie by Volmoed buite Oudtshoorn is in 2006 by die jaarlikse kompetisie vir die gemeenskapspers van Suid-Afrika as die wenfoto in die afdeling vir geleentheidsfoto’s aangewys. Die foto is boonop ook deur die beoordelaars bestempel as waarskynlik die beste foto wat daardie jaar vir die hele kompetisie ingeskryf is. By Joseph en Katriena staan ds Gerald de Klerk wat hulle in die huwelik bevestig het Garnett was in daardie stadium die senior joernalis by Die Hoorn.