• GOEIE NUUS (links): Die eksemplaar van Die Hoorn waarvan die meeste koerante oor die jare verkoop het, was die een van van 2 Oktober 2014 waarin berig is dat Mia le Roux die eerste Oudts-hoorniet was om die Mej Tuinroete/Miss Garden Route-kroon te dra, die koerant waarvan die meeste eksemplare oor die afgelope 20 jaar verkoop het. Dit wys net dat goeie nuus ook verkoop!
• TRAGEDIE (middel): Ure nadat Die Hoorn van 13 November 2009 verskyn het waarin berig is oor die dood van Sanet Wentzel, ’n geliefde inwoner en sakevrou van Oudtshoorn, het inwoners begin bel om te sê die koerant is uitverkoop by van ons afsetpunte. Sanet, wat die hele dorp aan die oefen gekry het met Run/Walk for Life, is op 8 November 2009 op die Kango Grotte-pad deur ’n motor doodgery terwyl sy gedraf het. Haar dood het ’n hele gemeenskap in rou gedompel.
• POLITIEK (regs): ’n Koerant waarvan mense lank daarna dikwels nog weer ’n eksemplaar kom vra het, was dié een van 2015/16 - die jare van groot politieke onrus en magstryd op Oudtshoorn.