Weermag gryp in by Sassa-tou

SANW-LEDE het verlede Vrydagoggend ingegryp toe mense wat in toue gestaan het vir SASSA-toelaes, “moeilik geraak het” in die pos­kantoor. Uitbetalings was egter nie vir die dag geskeduleer nie.

Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, werk die SANW saam met die SAPD. Hy sê daar was polisiebeamptes op die toneel nadat ’n klagte ontvang is dat mense binne die poskantoor moeilik was. Die SANW is daarop ook na die toneel en die mense is kort daarna uiteen.