DIE vuurwapenkantoor van die Oudtshoorn Polisie is sedert 11 Mei 2020 weer oop vir die hernuwing van vuurwapenlisensies of die inhandigng van vuurwapens ingevolge die vuurwapen-amnestie.
Die amnestieperiode verval op 31 Mei 2020.
Die kantoor is daagliks tussen 08:00 en 14:00 oop.
Kontak die vuurwapenkantoor by 044 203 9229/9009 vir meer inligting of volg die skakel https://www.saps.gov.za/services/flash/downloads/firearm_amnesty_faq_updated.pdf