Rooi regering of demokrasie?
Met pres Cyril Ramaphosa se verkiesing in Desember 2017 tot president van die African National Congress was ek van mening dat dit ’n jammerte vir ons land is. Sommige mense het my nogal snaaks aangekyk.
Ek het drie redes hiervoor aangevoer:
Eerstens, die ANC sou gouer versplinter het indien Nkosana Dlamini-Zuma tot ANC-president verkies sou word. Die kanse was dan ook groter dat die ANC se meerderheid in die komende verkiesing onder die 50% sou daal.
Tweedens, die Marikana-slagting in Rustenburg het daarop gedui dat CR se besigheidsbelange in die myne belangriker is as mynwerkers se lewe.
Derdens moes CR as lid van die ANC en onder-president van die land bewus gewees het van die Zuma-Gupta-korrupsie en geldwassery. Hierdie rede is reeds deur getuienis voor die Zondo-kommisie bevestig.
Met dit as ’n gedagte wil ek beweer dat CR die vermoë besit om die publiek om die bos te lei. Kyk wat het met die onderhandelinge vir ’n nuwe bedeling in 1992/1993 gebeur. Dan is daar ook die Ramaphoria-koors wat ontstaan het na sy verkiesing as president van die land. Skielik word daar nou deur kiesers besluit om in die Mei 2019-verkiesing vir CR se stem.
Sommige kiesers vergeet toe skoon dat hy steeds lid en president van die korrupte en onbevoegde ANC is.
CR se steun het geleidelik na Mei 2019 begin afneem. Hy kon nie aan die kiesers se wense voldoen om van korrupte ANC-ministers en staatsamptenare ontslae te raak nie. Hy het ook gewag dat die howe beslissings vir hom moet neem met die verskoning dat eenheid binne die ANC behou moet word.
Ewe skielik kom sy aankondiging oor die Covid-19 inperkingsmaatreëls waarvoor almal hom loof. Dit is nou algemene kennis dat CR en die bevelsraad se geloofwaardigheid na drie weke gedaal het weens die uitvaardiging van sekere absurde noodregulasies.
Plotseling dring die waarheid en realiteite tot duisende Suid-Afrikaners deur dat hierdie bevelsraad en sy besluite niks anders is nie as die bevordering van die ANC se Lenisme/Stali- nistiese ideologie en taktiek om sentrale beheer oor die staat te kry en landsburgers selfs voor te skryf wat hulle moet eet, koop en aantrek. Ons kyk na skokkende tonele van geweld waar landsburgers aangerand, vermoor, geïntimideer en verkleineer word, net soos wat in Zimbabwe plaasvind.
Suid-Afrikaanse burgers sal moet besef dat daar net een manier is om ’n kommunistiese, verdrukkende regime vry te spring en dit is om te stem vir verandering. Die ANC is nie meer ’n bevrydingsparty nie, maar ’n party wat besig is om die demokrasie te vernietig.
Onthou vir CR toe hy in Weermag-uniform soldate met die staat van inperking toegespreek het. Ook vir Lindiwe Zulu, ’n minister wat die media en publiek met ’n militêre baret en ’n Kubaanse vlag op haar kop toegespreek het.
Die vraag kan nou gevra word of PW Botha en sy kabinet nie dalk reg was toe hulle in die 1980’s teen die Rooi Gevaar gewaarsku het nie? Dit het tyd geword dat die Suid-Afrikaanse kiesers se oë oop gaan.
-Bart Vosloo, Oudtshoorn
Help-help tog ’n bietjie
Ons is saam met Covid-19 in die lockdown toegesluit en raak nou moeg vir sy geselskap.
Kan iemand tog vir my sê waar die sleutel kan kry om die slot (lock) oop te sluit? Ons moet hier uit! Ek wonder – miskien – sal die president vir ons kan sê waar die sleutel lê?
Net ’n gedagte: “Covid” is nogal ’n mooi naam vir ’n hond of ’n kat.
Soentjies en drukkies vir al die “gemaskerde” metgeselle.
–Cecile Ungerer, Oudtshoorn
Dear Cyril
Dear Cyril
I can call you this as
we are equal
One is not more equal than
the other
We are South African
You stood up
You stood firm
You proved to be a great leader
However dark times came
It changed the game
Cyril, its scary
Full off moments that are hairy
The Big Six may roar
Oh, Lord! What a boar
Daniel was saved in the lion’s den
Your faith can save you in the big Six’s den.
Please take your stand
Do it for the people of our land
God bless you!
God bless South Africa!
- Shaun Stuart, Oudtshoorn