Uitspraak van hersieningsaansoek Donderdag

DIE uitspraak van ’n hersieningsaansoek in ’n saak teen die voormalige hoofbe­stuur­der van Kango Wyne op Oudts­hoorn, Johan Brits, is geskeduleer vir volgende Donderdag, 28 Mei 2020.

Dié uitspraak in die Kaapse Hooggeregshof hier­oor sou op 20 April plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-inperking tot 28 Mei uitgestel. Brits het die hersieningsaansoek gebring nadat hy op 23 klagtes van bedrog en twee van oor­treding van die Wet op Drankprodukte skuldig bevind is.
Hy het in sy hersie­ningsaansoek aangevoer streek­landdros Neels Nortje het fouteer in sy skuldigbevinding.

Regterpres John Hlope het op 12 Junie 2019 die saak na die Oudtshoorn Streek­hof terugverwys vir afhandeling van vonnis, waarna Brits se regsver­teenwoordiger, adv Marthinus Barnard, landdros Nortje oorreed het om ’n verlofaansoek te bring vir appèl teen die regter se reëling. (Deur Garnett Wicomb)