Vroue glo aangerand

VERSKEIE vroue van Ladismith sê hulle is vreesgevange tydens die inperking nadat hulle na bewering deur ’n polisiebeampte aangerand is.

Rosina Heskwa (43) beweer ’n polisiebeampte het haar met die vuis geslaan na ’n struweling met haar buurman. “Hy het in die struweling my klere geskeur en my in my onder­klere in die vangwa gegooi.” Volgens Heskwa het hy ook haar twee­ling-klein­kinders met traangas gespuit.

Geraldine Feni, ’n swanger vrou, beweer ook dat sy met traangas gespuit is.
Drie ander vroue is ook al tydens die inperking aangerand en die polisie het vroeër bevestig dat klagtes teen hom ingedien is. Kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, sê Heskwa se bewerings kan nie bevestig word nie. Sy is welkom om ’n klag te lê of die stasiekommissaris te gaan spreek.” (Deur Deon Meyer)