SCP, geestelike leiers help gemeenskap

Foto verskaf

Lede van die Spiritual Crime Prevention (SCP) groep het op 29 Augustus 2024 bymekaar gekom, om die doelstellings van die program weer aan die publiek bekend te stel.

Hierdie groep doen al ’n geruime tyd uitreik- en inligtingsessies onder gemeenskappe. Tydens hierdie uitreike bedien hulle persone met gebed en woord.

Die afgelope winter het hul elke Vrydag in Hoogstraat tussen 300 en 400 koppies sop uitgedeel wat deel was van hierdie inisiatief.

Hulle fokus is op gemeenskappe wat met geestelike leiers en die polisie saamwerk om misdaad te bekamp. “Die syfers vir geslagsgebaseerde geweld in Oudtshoorn is die hoogste in die Wes-Kaap, en een van die kwessies waarop ons konsentreer,” vertel ao.

Jan Combrink, sameroeper van die SCP. Vir meer inligting of om betrokke te raak by die SCP, kontak gerus vir Combrinck by 082 444 2370.