Jonge Janien Müller, ’n leerder van Langenhoven Gimnasium se vier inskrywings vir die ConSpirito Forte, vir die finale rondte het almal A+++ behaal. Die tekeninge is onderskeidelik 95%, 97%, 98% en 98% toegeken.
Sy is ook nasionaal as die Itemwenner vir Graad 11 aangewys in die drie kunsmediums: Grys Potlood, Olie Pastel en Digitale Kuns. Baie geluk Janien – ons is baie trots op jou en is ongelooflik bly dat ons jou Kieter en Kat reeks maandeliks in Die Hoorn kan publiseer. Foto’s verskaf