Nuwe raadslid vir Patriotic Alliance

DIE Patriotic Alliance (PA) se raadslid in die Groter Oudtshoorn-raad, André Rondganger, is glo na slegs drie maande deur sy party met Suzane Jansen vervang.

Die waarnemende munisipale bestuurder van die munisipaliteit, Walter Hendricks, het egter Maandag gesê dat hy nog wag op ’n formele brief van die party dat Rondganger bedank het.

Sodra hy so ’n brief ontvang sal hy ’n vakature verklaar wat die party moet vul.