DIE DA het met ingang 1 Februarie nuwe kiesafdelingshoofde vir Oudtshoorn en Kannaland aangestel.
Eleanor Bouw-Spies, wat die afgelope aantal jaar Oudtshoorn se kiesafdelingshoof was, neem nou die teuels in Kannaland oor, terwyl Okkie Terblanche aangestel is as Oudtshoorn se nuwe kiesafdelingshoof.
Terblanche, wat ook al kiesafdelingshoof was van George, Mosselbaai, Swellendam en Prins Albert, vertel hy is ’n oud-leerder van die Hoër Tegniese Skool Oudtshoorn. Hy is ’n oud-generaal in die polisie en het na sy aftrede in 2010 na Mosselbaai verhuis.
Hy is ook ’n DA-parlementslid en die DA se adjunk-skaduminister van Polisie.
DA se nuwe kiesafdelingshoofde
Heel links: Okkie Terblanche, die DA se nuwe kiesafdelingshoof vir Oudtshoorn.
Links:
Eleanor Bouw-Spies, die DA se nuwe kiesafdelingshoof vir Kannaland.