’N REDDENDE HAND UIT DIE AMS-HELIKOPTER
’n Bus met buitelandse toeriste wat in November 2007 die Grobbelaarsrivier in vloed aangedurf het, het wêreldwyd opslae gemaak. Die bestuurder van die bus het Oudtshoorn se laagwaterbrug in Kerkstraat aangedurf terwyl die pad gesluit was vir verkeer. Die bus het op sy sy in die water beland. Die toeriste moes deur die busvensters uitklim en bo-op die voertuig wag voordat hulle so n uur later deur die Air Mercy Service-helikopter na droë grond gebring is. Die fotograaf, Marelize Potgieter, het in daardie stadium as joernalis by Die Hoorn gewerk.