DIE bekende keramiekkunstenaar en beeldhouer Ronnie van der Walt (69) van Calitzdorp het die naweek gesterf nadat sy wit Toyota Hilux-bakkie vermoedelik Vrydagaand ( 9 Oktober) deur die Nelsrivier in Groenfontein meegesleur is.
Van der Walt is Saterdag as vermis aangemeld nadat vriende en familie na hom begin soek het. Sy bakkie is omstreeks 13:00 in ’n drif in Groenfontein gevind.
Polisieduikers het sy liggaam Sondag omstreeks 16:30 uit die rivier gehaal.
’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen. (Liesel le Roux)
Very tragic. Condolences to the family.
Not Groenfontein. Kraaldoorn