Deur Liesel le Roux
DIE Burgemeesterskomitee van die Groter Oudtshoorn het by ’n onlangse vergadering sy steun gegee vir ’n plaaslike inisiatief om ’n moontlike satellietkampus vir tersiêre inrigtings op Oudtshoorn te vestig.
Dr David Piedt, bekende gemeenskapsleier en voormalige voorsitter van die KKNK, het ’n voorlegging hieroor aan die raad gedoen waarvoor hy hulle steun gevra het.
Die Burgemeesterskomitee het by sy vergadering goedkeuring verleen vir ’n afvaardiging van die raad en plaaslike rolspelers om die Universiteit van Stellenbosch te besoek en so ’n voorstel met die universiteit te gaan bespreek.