Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Toutrekklub speel Saterdag gas-heer vir die klubkampioenskap van die suidelike toutrekstreek.
Dit sluit in klubs van Helderberg/Disa, Kuilsri-vier, Brackenfell, Valsbaai, Swellendam, die Paarl, George, Hartenbos en Oudtshoorn.
Die kampioenskap begin om 08:00 op die sportterrein van die Oudtshoorn Vaardigheidskool.
Die Oudtshoorn Toutrekklub nooi alle belangstellendes, veral die “plaaslike oud-toutrekkers”, om die dag saam te kom geniet en Oudtshoorn se toutrekspanne te kom ondersteun.
Anton Rabé, president van SA Toutrek, gaan die verrigtinge amptelik open.