DIE enjines gaan Saterdag (13 Mei) vanaf 15:00 weer brul tydens die tweede been van die nasionale kwalifiserende ovaalbaanrenne op die Arnold de Jager Ovaalbaan net wes van Oudtshoorn.
Toegang is R50 per volwassene en R20 per kind.
Motorsport Suid-Afrika vereis dat ’n renjaer aan minstens drie kwalifiserende wedrenne moet deelneem voordat hy/sy mag deelneem aan die SA Kampioenskap wat van- jaar op 23 September in Kimberley plaasvind.
Daar word verwag dat al die top-renjaers in die streek Saterdag aan die kwalifiserende wedren-ne gaan deelneem.