Groot pret toe inwoners met diereskut se honde gaan stap

5 Honmde hardloop

Adriaan Gerber kyk by Saterdag se Honde- en Markdag by die Oudtshoorn Diereskut dat die hond waarmee hy gaan stap het, ’n draai maak by die waterbak.

Hoewel hierdie babahondjie nog te klein was om Saterdag aan ’n leiband te gaan stap, het Chernique Foley van Oudtshoorn hom ook die kans gegee om uit sy hok by die diereskut te kom en met hom ’n entjie gaan stap. Foto’s: Liesel le Roux

Johanné de Jager (links) en Monique Stöck is twee van talle diereliefhebbers wat Saterdag met die honde van die Oudts­hoorn Diereskut gaan stap het. Inwoners van Oudtshoorn en selfs vanuit die Tuinroete het opgedaag vir ’n Honde- en Markdag en die honde die geleentheid gebied om uit hul hokke te kom en aan ’n leiband te gaan stap.