Butler met ’n stalletjie

Hy wil net die beste diens lewer, sê Riaan Beyleveld.

Hy wil net die beste diens lewer, sê Riaan Beyleveld.

Inwoners van Oudtshoorn het sekerlik teen dié tyd die man met die rooi strikdas by die wit stalletjie langs die biblioteek gesien. Dié stalletjie behoort aan Riaan Beyleveld, ’n professionele butler.

“Ek was 25 jaar in die korpora­tiewe wêreld, waarna ek ’n video­winkel gehad het. Twee jaar gelede het ek besluit om ’n butler-kursus by die Suid-Afri­kaanse Butler Akademie (SABA) te doen. Ek het vir ver­skeie bekendes gewerk en toe besluit om Oudtshoorn toe te kom.”

Beyleveld was ’n algemene be­stuurder op ’n wildsplaas naby Oudts­hoorn toe hy besluit het om sy stalletjie ’n werklikheid te maak. “Ek het nog altyd daarvan gedroom om so iets te doen. My doelwit is vinnige kwaliteitskos teen ’n billike prys. Ek wil die beste diens lewer.”