Groot pret by Gimmies se Welpiekamp

Gimmie-welpiekamp

Gim welpies swembadGimmie-welpiekamp
Die Welpies – soos die nuwe Graad 8’s van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn bekendstaan – se verwelkomingskamp was die naweek. En na die naweek is die Welpies bevorder na volwaardige Gimmie-Leeus nadat hulle aan verskeie kenmekaar- en spanbou-aktiwiteite deelgeneem het. Op die foto’s is die Gimmies se hoofmeisie (Anna-Mart Schutte, regs) en Amanda Vermeulen by ‘n ry waatlemoene en in die swembad is van links Aldrie Smith, Mia Mulle en Liebe Viljoen. Foto’s verskaf