SMS’e van lesers

Waar het jy nou al ooit gehoor dat jy nie by jou eie woonplek mag kom nie? Ons vriend, waar moet jy dan nou bly? In die veld? Wat ’n belaglike voorwaarde is aan jou gestel? Sterkte vir jou! Jy bly ons staatmaker in dié omgewing as dit by veiligheid kom. Inwoner van Hoogstraat
*****

Dis goed Dlamini het nie gewen nie, want dan sou die ANC ’n familiebesigheid gewees het soos Icosa.
*****

Dit kan jou soms met ’n veer omslaan as jy dink hoeveel mense in bestuursposisies is, veral tegniese posisies. Hoe gee jy mense onder jou advies as jy nie eers die gereeds­kap ken nie? Geen wonder dinge gaan agteruit in ons land nie, want daar word gekies op karakter en nie op grond van kennis nie.
*****

My lugverkoeling se kompressor gee in en ek moet ’n verslag en kwotasie aan die assuransie stuur. Die een maatskappy daag nie op nie en ’n ander daag op, maar na langer as ’n week is daar nog geen teken van enige kwotasie nie. Geen telefoniese verduideliking nie. Is daar nie ’n orga­nisasie wat ’n kursus in besigheidsetiket hier plaaslik kan aanbied nie? Flip Spies
*****

Baie dankie aan Ralph en Sylvester van Oudts­hoorn Munisipaliteit vir hul vriendelike diens Maandagaand laat om die kragtoevoer na Mel­villestraat 61, 63 en 70 te herstel! Ons het groot waardering daarvoor! Inwoners