Gevangenes ontvang diplomas

19 gevangenes van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste het Dinsdag diplomas ontvang nadat hulle ’n New Venture Creation-kursus van die Francois Ferreira Akademie bygewoon het. Die kursus is by die gevangenis aangebied. Die diplomas is deur die adjunk-minister van toerisme, Elizabeth Thabethe, oorhandig. Voor van links is die drie studente wie se besig­heids­planne as die beste aangewys is, Lucille Booth (tweede), Elvis Jacobus (eerste) en Johannes Ruan Nel (derde). Agter van links is Sam Ditlhakanyane (menslike hulpbronne ontwikkelingsbestuur­der), Denise Lindley (onderhoof Francois Ferreira Akademie), minister Thabethe, Tshazibana Weziwe (adjunk-bestuurder Oudtshoorn Korrektiewe Dienste), Donevin le Roux (lynbestuurder Oudtshoorn Korrektiewe Dienste) en Melanie le Roux (kursusfasiliteerder).  Foto Angelique Erasmus