Gimmies presteer in ATKV-debat

Die Gimmies se twee senior debatspanne wat puik gevaar in die ATKV-debat-reeks deur na die halfeindronde deur te dring, is van links Katie Badenhorst, Tiana van Rensburg, Jarika Kritzinger en Megan Taljaard. Altesame vyf uit vyftien spanne het deurgedring na die halfeind­ronde wat op Saterdag, 25 Mei, by die Hoërskool Outeniqua op George plaasvind.