Deur Liesel le Roux
DIT gaan veel beter met Daniel Terblanche, bekende Oudtshoorniet en mede-eienaar van die Black Swan Restaurant op die dorp, wat verlede Woensdagaand met ’n motorfiets in ’n ongeluk was by die jaarlikse AfriBurn in die Tankwa Karoo.
Terblanche het ernstige frakture van sy sleutelbeen en enkel opgedoen en is Donderdag in die Chris Barnard Hospitaal in Kaapstad opgeneem waar hy vir beide breuke geopereer is.
Volgens Etienne Swiegelaar, mede-eienaar van die Black Swan Restaurant, het Terblanche aanvanklik erge pyn gehad van die twee beserings, maar gaan dit die week reeds beter.
Swiegelaar het gesê Terblanche sal na verwagting nog vandeesweek uit die hospitaal ontslaan word.