Drie Oudtshoorniete, van links Johann Coetzer, Frans Kalp en Marée Truter, het Saterdag by die Vrystaat Meesters-atletiekkampioenskap in Bloemfontein medaljes ingepalm. Coetzer het in die hoogspring en verspring vir mans 60+ goue medaljes gewen en ’n tweede keer die kwalifiserende standaard vir nasionale kleure in verspring (4,92 meter) behaal. Kalp wat tans las het van ’n kuitspierbesering, het silwer medaljes verwerf in die 100 en 200 meter naellope vir mans 60+. Trüter het silwer in die 100 m vir vroue (35 -39) gewen. Sy word deur Blauw Fikile afgerig. Foto: Higgo Jacobs