Deelnemers tydens die opening Vrydagoggend van die Oudtshoorn Aftreeoord se Olimpiese Spele en kapperjolleldag.

Deelnemers spring weg vir die houtlepel-en-boontjiesak-resies by die Olimpiese Spele. Foto’s: Higgo Jacobs
Oudtshoorn Aftreeoord se terrein was Vrydag die ene bedrywigheid toe 48 bejaardes aan ’n “Olimpiese Spele” en kapperjolledag deelgeneem het.
Ses spanne het deelgeneem met twee van die Oudtshoorn Aftreeoord en die ander van Santos Haven, Hartenrus, Millennium Park en die Caves Aftreeoord.
Die veldnommers op die program was jukskei en rolbal, terwyl die baannommers bestaan het uit aflosstap, boonjiesak-houtlepel, parestap en “passing the ball”.”
Die Oudtshoorn Aftreeoord was die algehele wenner en het die Kleinplaas-wisseltrofee verower.
Volgens Mariaan van Greunen, bestuurder van die aftreeoord, was die doel van die dag om aan bejaardes die geleentheid te bied om sosiaal te verkeer en om hulle fiks en gesond te hou.
Bejaardes kon ook stalletjies open waar hulle van hul eie tuisgebak en handwerk aan ander kon verkoop.
(Deur Higgo Jacobs)