Draadkarkaskenades vir Kansa bring groot genot vir kinders

Foto onder: Toe Teresa Markus (regs agter) van Oudtshoorn die Klein Karoo-tak van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se plakkaat vir ’n draadkarwedren sien, het sy besef dit is die perfekte spanbougeleentheid vir die kinders op Welgeluk-plaas - ook omdat meeste van dié kinders se ouers vir Markus Enterprises werk. Daarom het sy en haar man, Larry (middel agter), die tien kinders tussen die ouderdomme van 9 en 15 jaar geborg om te kan deelneem (foto bo). By hulle is Adri Odendaal (heel links), gemeenskapsmobiliseerder van Kansa. Beide Markus en Odendaal het hul dank aan die borge van die dag uitgespreek. Foto’s: Stefan Skapie Goosen