Vryburgers reik uit

Die Oudtshoorn Vryburgers, wat hulself beskryf as ’n Afrikaanse diens­organisasie wat uitreik na die gemeenskap waar nodig, het verlede Donderdag juis dit gedoen, en uitgereik na Huis Triomf. Dié kinderhuis het volgens voorsitter Louine Olivier (naasregs) ’n groot behoefte aan beddens gehad en daarom het die Vryburgers hand bygesit en drie stapelbeddens geskenk. “Ons is verskriklik dankbaar daarvoor en sou nie sonder dit kon klaarkom nie,” het Olivier gesê. Hendri Calitz (heel links), stuurman van die Oudts­hoorn Vryburgers, sê hulle help graag, soos gedurende die Covid-inperking toe hulle 90 behoeftige gesinne van kospakkies voorsien het. By Calitz en Olivier is Huis Triomf se bestuurder Crystal Muller (naaslinks) en Fanie Fourie (Vryburger). Foto: Stefan Skapie Goosen