Ovaalbaan-aksie uit die Klein Karoo

Wat Saterdag 6 Maart ’n klein, plaaslike ovaalbaanrenbyeenkoms sou wees, het ontaard in ’n samekoms van honderde motorgeesdriftiges op Oudtshoorn se Redrock Raceway. Renjaers van so ver as Kaapstad en Bloemfontein het opge-daag om saam met die jaers van Eden vir groot opwinding te sorg en die petrolkoppe, oud en jonk, in ekstase gehad het. In die SWD Ontwikkelings-klas het Oudtshoorn se Werner Koorts, met sy geel en blou Opel Corsa, goed weggespring (bo). Hy het egter gou tussen twee ander renjaers se motors vasgevang geraak en teen ’n muur gebots het (regs). Gelukkig is niemand beseer nie. Foto’s: Stefan Skapie Goosen