Derby-dag vir Struisies teen Punt

Foto's bo en onder: Lindi Brill

Hoërskool Oudtshoorn het verlede Saterdag hul jaarlikse derby teen Hoërskool Punt op hul tuisvelde in Oudtshoorn gespeel.

Die leerders het die dag op die sportvelde terdeë geniet en die sportmanskap tussen die skole was uitstekend gewees.

Albei die skoolhoofde van die skole was uiters trots op hul leerders gewees.

Volgens die skoolhoof van Struisies, Mnr. Gerrit Rudolph, is hulle veral trots op die eerste rugbyspan wat gelykop teen Punt gespeel het. “Hulle het goeie karakter gewys en ons is trots op hulle”, het Mnr Rudolph gesê.