Langenhoven Gimnasium het verlede Saterdag, 13 Julie, in ’n sportdag teen Oakhill in Oudtshoorn gespeel. Die spanne wat gespeel het was die netbal- en hokkiespanne, en Gimmies se spanne het uitstekend presteer op die sportveld.
Al drie die netbalspanne het hul wedstryde gewen, terwyl ses van die sewe hokkiespanne hul wedstryde gewen het. Op dieselfde dag het die netbal- en rugbyspanne van Gimmies ook teen HTS Eden gespeel.
Gimmies se rugbyspanne het twee van hul vyf wedstryde gewen, terwyl die netbal twee van die drie wedstryde wat gespeel is, gewen het. (Deur Lindi Brill)
Langenhoven Gimnasium sportdag-nuus
Bo: Die o.18 A-netbalspan van Langenhoven Gimnasium wat hul wedstryd teen Oakhill met 70-5 gewen het.
Foto: Verskaf