David Piedt deur Kunste Onbeperk vereer

Dr David Piedt van Oudtshoorn is vanaand by die bekendstelling van die program van die 26ste KKNK in Kaapstad met die Kunste Onbeperk-prys vereer vir sy bydrae tot die KKNK.
“Dr David Piedt is onverskrokke in sy ondersteuning en passie vir die KKNK, en vir die mense van Oudtshoorn en Suid-Afrika. Sy medemenslikheid is een van die redes waarom hy hierdie prys verdien,” lui die motivering vir dië toekenning.
Kunste Onbeperk het vyf pryse uitgedeel aan groepe of individue wat ‘n enorme impak in die kunste gemaak het. Die Kunste Onbeperk-prys vir Jong Stem het gegaan aan die dansgroep Figure of 8 vir hulle innoverende bydrae, die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys aan Schalk Joubert, een van ons land se mees gevierde musikante en baskitaarspeler, die Kunste Onbeperk Inspirasie-prys aan Vinette Ebrahim en die Kunste Onbeperk-prys vir vertolkings aan Anna-Mart van der Merwe.

Dr David Piedt in gesprek met Die Hoorn. Foto: Liesel le Roux

1 Comment on "David Piedt deur Kunste Onbeperk vereer"

  1. Rue Jourdan | January 18, 2020 at 7:34 am |

    Well done to my uncle.Proud of you!rue
    Mom Elizabeth,Rue and the rest of the family

Comments are closed.