Tugverhoor van burgemeester begin

DIE DA se interne tugverhoor van die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Colan Sylvester, het vanoggend afgeskop.

Die verhoor is verlede jaar twee keer uitgestel. Dit sou aanvanklik vanaf 20 November plaasgevind het en toe weer in Desember. Die verhoor is aanvanklik uitgestel nadat Sylvester na verneem word die DA se Federale Raad in kennis gestel dat hy meer tyd nodig het om hom voor te berei en vir ’n meer gedetaileerde klagstaat gevra het. Dit is ‘n tweede keer uitgestel na die dood van ’n nabye familielid van Sylvester.

Helen Zille, voorsitter van die DA se Federale Raad, het in November aan Die Hoorn gesê die DA se tugpro­sesse word van die party se interne politiek geskei en is so objektief moontlik.

‘n Bekende inwoner van Oudtshoorn, Winston Coerecius, het vanoggend met ‘n plakkaat in Baron van Reedestraat sy steun vir Sylvester getoon. (Berig deur Liesel le Roux)

1 Comment on "Tugverhoor van burgemeester begin"

  1. Winston Coerecius | 01/20/2020 at 17:53 |

    Liesl dit spyt my om te sê dat in 2020 staan ek weer alleen soos in 1976 se verhoor. Ek hou van n man wat sy man kan staan. Möre sal dit beter gaan.

Comments are closed.